Bekommernis is selfsug in vermomming

Bekommernis is selfsug in vermomming

“Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde.” —Romeine 14:23 NLV

Baie keer gee mense in tot bekommernis sonder om agter te kom hoe vernietigend dit is. As jy na die wortel gaan kyk is bekommernis sonde. Bekommernis kom nie uit geloof uit nie en Romeine 14:23 sê dat watookal nie uit geloofsoortuiging gedoen word nie, is sonde.

Baie keer is bekommernis gebaseer uit een spesifieke sonde: selfsug.

Gewoonlik as ons bekommerd is oor iets, is ons besorg oor hoe ons selfsugtige behoeftes nie vervul gaan word nie. Hoe meer selfsugtige behoeftes ons het, hoe meer moet ons bekommerd wees en hoe meer gekompliseerd word ons lewens.

God wil hê ons moet bloot eenvoudig fokus om Hom te dien.

Dit is God se wil dat ons lewens leef wat vry is van angstigheid en ontstelligheid. Hy wil hê ons moet vry wees om Hom te dien sonder dat ons aandag afwyk (sien 1 Korintiërs 7:34). Ons moet nie toelaat dat al die bekommernisse van die wêreld ons wegdraai van God se doel vir ons lewens nie.

Vra God om jou te help om dit agter te kom en om ontslae te raak van selfsugtige begeertes. Dit sal jou lewe eenvoudig hou en help om bekommernis te oorkom. Dan kan jy God se plan vir jou lewe met jou hele hart najaag.


Gebedsbeginpunt

Vader God, dankie dat U my gewys het dat bekommernis ‘n sonde is. Help my om van bekommernis ontslae te raak en van ongoddelike begeertes sodat ek net U plan vir my lewe kan najaag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon