Hoe om die goeie stryd te beveg

Hoe om die goeie stryd te beveg

“Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies.” —1 Timoteus 6:12 NLV

Ons moet die goeie stryd stry vir dit waarin ons glo teen die vyand – maar hoe lyk dit prakties? Hier is ses sleutel strategieë:

  • Dink aggressief. Soos ‘n generaal wat vir die oorlog voorberei, beplan en bereken hoe om die vyand te betrek en te verslaan.
  • Bid vurig. Hebreërs 4:16 gee ons opdrag om na God se troonkamer te gaan met selfvertroue en vrymoedigheid. Gaan met vertrou na Hom en vertel Hom wat jy nodig het.
  • Praat vreesloos. 1 Petrus 4:11 sê: Wie praat, laat hy dit doen soos iemand wat woorde van God uitspreek… Ek en jy het ‘n geestelike bevelende stem teen die magte van die bose.
  • Gee in oorvloed. Die manier wat ons gee is die manier waarop ons ontvang (sien Lukas 6:38). Leef ‘n lewe van vrygewigheid.
  • Werk noukeurig. Wat jy ook al jou hande op sit, doen dit met al jou krag (Prediker 9:10). Maak jouself sterk in die Heilige Gees en kry die werk gedoen.
  • Wees onvoorwaardelik lief. As kinders van God moet ons ander liefhê soos God ons liefhet – onvoorwaardelik en opofferend.

Neem hierdie stappe en dan wanneer die vyand kom, sal jy gevul wees met God se krag – en jy sal onverbeterlik wees.


Gebedsbeginpunt

Here,  ek wil nie terugsit en die stryd van geloof mis waartoe U my roep nie. As ek vorentoe beweeg, help my om die ses strategieë te gebruik in my stryd teen die vyand.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon