God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. – Romeine 5:8
Het jy al ooit gewonder of jy goed genoeg is sodat God jou kan liefhê? Ongelukkig glo baie mense dat God hulle net liefhet as hulle nie foute maak nie.
Dalk was dit hierdie uitgangspunt wat die psalmdigter laat vra het: ‘Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?’ (Ps. 8:5). En tog vertel die Bybel ons dat ons God se skepping is, die werk van sy hande, en dat Hy ons onvoorwaardelik liefhet.
Kom ons kyk die feite in die oë: Jesus het nie vir jou gesterf omdat jy fantasties en wonderlik is nie; Hy het vir jou gesterf omdat Hy jou liefhet. God het jou lief en Hy wil hê jy moet dit glo en die hele tyd sy liefde ontvang – selfs wanneer jy foute maak
Kraggedagte
God se liefde vir my is onvoorwaardelik.