Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. – Galasiërs 5:22–23
Baie mense voel toegerus en in staat om iets spesifieks te doen, en tog lei hulle ’n gefrustreerde lewe omdat daar nooit vir hulle die regte geleentheid kom om daardie spesifieke ding te doen nie. Hulle kry net nooit ’n kans nie. Waarom? Ek glo baie mense is in staat om iets te doen, maar kry dit om die een of ander rede nie gedoen nie. God het mense vermoëns gegee, maar hulle het dalk nie die moeite gedoen om ’n standvastige en volwasse karakter te ontwikkel nie.
God moet ons kan vertrou, en ander mense moet op ons kan staatmaak. Wanneer ons standvastig en volwasse is, kan ons enigiets doen ongeag hoe ons voel. Solank as wat ons lewe, gaan ons baie tye beleef wanneer ons oorvloed ervaar en ander tye wanneer ons teëspoed beleef, tye wanneer ons in goeie omstandighede verkeer en tye wanneer dit met ons nie so goed gaan nie. Laat die omstandighede wees wat hulle wil, bly jy net standvastig.
Kraggedagte
Ek is standvastig en volwasse en ek leef volgens die vrug van die Gees.