God kies die swakkes

Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en dit wat vir die wêreld na swakheid gelyk het, het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. – 1 Korintiërs 1:27

God gee ons sy krag (genade) sodat ons kan doen wat ons moet doen ten spyte van ons swakhede. Om die waarheid te sê, God kies doelbewus om deur die swakkeres in die wêreld te werk sodat ons Hom al die eer kan gee vir wat gedoen word. God wil die wêreld verstom en een van die maniere hoe Hy dit doen, is om groot dinge te bereik deur mense wat swak is en nie van nature die vermoë het om die taak op hande uit te voer nie (sien 1 Korintiërs 1:25–29).

Ontspan en moenie bang wees om te doen wat God jou gee om te doen nie. Tree in geloof vorentoe en God sal jou ontmoet waar jy ook al is. Hy sal jou die genade (onverdiende guns en krag) gee om die taak te voltooi. Deur Christus kan jy alle dinge doen!


Kraggedagte

God gebruik my swakhede om sy krag te wys.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon