“Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid.” —Kolossense 2:6-7 NLV
Dit is belangrik om te besef dat ons gedrag van erens af kom. Slegte gedrag is soos die slegte vrug van ‘n slegte boom met slegte wortels.
Jy kan jou hele lewe tyd spandeer om van buite simptome ontslae te raak maar die slegte vrug sal erens anders manifesteer as dit nie by die wortel uitgesorteer word nie. Dié beginsel tel altyd: vrot vrug kom van vrot wortels en goeie vrug van goeie wortels.
Om werklik die slegte vrug te hanteer moet ons Paulus se raad aan die Kolossense volg, om “geanker” in Hom te wees.
Jy moet noukeurig jou eie wortels ondersoek. As dit onaangenaam, skadelik of beledigend is, moenie moedeloos word nie. Jy kan uit daardie slegte grond getrek word en in die nuwe, vrugbare grond van Jesus geplant word, sodat jy geanker in Hom en Sy liefde kan wees.
Onthou, om uit die grond uitgetrek te word kan pynvol wees. Om weer geplant te word en te begin groei in nuwe grond is ‘n proses wat tyd en moeite gaan verg, maar dit is deur geloof en geduld dat ons God se beloftes kan ervaar.
My gebed vir jou is dat jy diep geanker sal wees in Christus, en goeie vrug sal produseer oral waar jy gaan!
Gebedsbeginpunt
Here, help my om my wortels van slegte grond na goeie grond in Christus te beweeg sodat ek ‘n goeie boom, met goeie wortels kan wees wat goeie vrug produseer. Ek weet dit sal pynvol wees, maar deur geloof en geduld weet ek dat U my kan help om hierdie verandering in my lewe te bring.