‘’Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.’’ —Romeine 12:18 NLV
‘n Belangrike les wat ek geleer het is ‘’om te buig sodat ek nie breek nie.’’ Die Bybel sê om jouself geredelik aan te pas by mense en dinge. En leef, indien moontlik, so ver dit van jou afhang, in vrede met almal (Romeine 12:16, 18).
Voorat ek die Woord van God ‘n prioriteit in my lewe gemaak het en besluit het om ‘n gehoorsme lewe te lei, moes ek my eie manier hê. Ek was nie aanpasbaar nie; ek wou hê dat almal by my moes aanpas. Dit het natuurlik tot meer twis en stres gelei..
Ek het nou geleer om te buig. Dis nie maklik vir die vlees om in te gee en dinge anders te doen as wat ek beplan het nie, maar dis makliker as om ontsteld en ellendig te wees.
As jy vrede in jou verhoudings wil hê, moet jy bereid wees om meer buigsaam te wees. As jy heeltyd jou eie manier probeer af forseer, sal dit net diegene rondom jou seermaak en beledig. Maar as jy die aanmoediging van Paulus ter harte neem, sal die Heilige Gees jou verhoudings met Sy vreugde en vrede vul.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, help my om buigsaam te wees sodat ek nie breek nie, Ek wil U vrede hê in my verhoudings, daarom kies ek vandag om buigsaam te wees.