My kop word opgelig

My kop word opgelig

‘’Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op.’’ —Psalm 3:4 NLV

God het goeie planne vir jou en Hy wil hê dat jy jou lewe moet geniet. Hy wil nie hê dat jy met ‘n gees van swaarmoedigheid, wanhoop, depressie of ontmoediging moet saamleef nie. Die goeie nuus is dat jou houding en siening kan verander as jy na God kyk en toelaat dat Hy jou oplig.

Die Psalmis het gesê dat God ‘n skild is rondom my, Hy herstel my eer en lig my kop op. Dink aan die frase “Hy lig my kop weer op.’’ As iemand rondloop met ‘n kop wat hang, neem ons aan hulle is hartseer of depressief. As dit is hoe jy voel, weet dan dat God jou kop kan oplig.

Onthou, God het ‘n goeie plan met ‘n toekoms en hoop vir elkeen van ons. Omdat Hy by ons is, kan ons dink en praat in ooreenstemming met Sy wil. Ons kan oefen om positief te wees in elke situasie wat mag ontstaan. En as ons omstandighede uitdagend en moeilik is, kan ons verwag dat God die goed daaruit sal bring  soos hy belowe het in Sy Woord.


Gebedsbeginpunt

Here, U is my eer en U lig my kop op. Ek kies om na U te kyk. Help my om my fokus op U te hou en U te vertrou vir U goeie plan in my lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon