Meer as oorwinnaars

Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. – Romeine 8:37

Ons as Christene hoor dikwels hoe mense Romeine 8:37 aanhaal, die vers wat sê dat ons meer as oorwinnaars is. Ek het jare lank gewonder wat ‘meer as oorwinnaars’ werklik beteken.

Ek is seker mense interpreteer dit verskillend, maar ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ‘meer as ’n oorwinnaar’ beteken dat jy genoeg selfvertroue het om enigiets wat in jou lewe gebeur, te hanteer – omdat jy weet dat jy dit deur Christus kan doen. Jy weet nog voordat jy met ’n probleem gekonfronteer word dat jy die oorwinning gaan behaal. Jy glo jy kan doen wat jy ook al in die lewe moet doen. Daarom sien jy nie op teen dinge nie, jy vrees nie die onbekende nie en jy leef nie in angs oor wat in verskillende situasies gaan gebeur nie. Dit maak nie regtig saak wat elke situasie se besonderhede is nie, jy weet dat jy deur Christus ’n oorwinnaar sal wees.


Kraggedagte

Ek is meer as ’n oorwinnaar deur Christus.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon