“Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” —Jeremia 29:11 NLV
Selfbejammering is ‘n vernietigende en negatiewe emosie. Dit maak ons blind om ons seëninge te sien asook die moontlikhede voor ons en dit steel ons hoop vir vandag en môre. Mense wat hulself jammer kry dink baie keer, hoekom moet ek iets probeer doen? Ek sal net misluk.
Selfbejammering is eintlik afgodery want dit is ‘n self-fokus wat tot die toppunt gedryf word. Wanneer ons onsself toelaat om in selfbejammering in te val, verwerp ons eintlik God se liefde en Sy vermoë om dinge te verander.
Ek wil jou aanmoedig om nie langer ‘n dag in jou lewe te mors op selfbejammering nie. Wanneer jy hoop verloor en begin jammer voel vir jouself, hou op en sê: “Ek weier om jammer te voel vir myself. Ek mag dalk in ‘n moeilike seisoen in my lewe wees, maar ek gaan nie ophou hoop vir beter dinge nie!”
God het gedagtes oor jou en planne vir jou vir voorspoed, en Hy wil hê dat ons hoop vir die toekoms moet hê. As jy aan jou hoop sal vashou deur jou fokus op jou geloof in Jesus te hou, sal wonderlike dinge in jou lewe gebeur!
Gebedsbeginpunt
God, ek weier om jammer te voel vir myself. Wanneer omstandighede moeilik is, sal ek onthou dat U groter as my probleme is en dat U ‘n goeie toekoms vir my beplan. Ek wil hê dat U planne vervul word in my lewe en ek wil my vertroue in U plaas.