‘’Moenie gou kwaad word nie; ergernis hoort by dwase.’’ —Prediker 7:9 NLV
Alle woede, ongeag die oorsaak daarvan, het dieselfde uitwerking op ons lewens. Dit ontstel ons en veroorsaak druk. Om woede op te krop en voor te gee dat dit nie bestaan nie, kan selfs gevaarlik wees vir ons gesondheid. Die meeste van die tyd het ons seer en die persoon wat ons kwaad gemaak het is nie eens bewus daarvan nie.
Ek het met vreeslike woede gesukkel totdat God my gewys het hoe om dit te hanteer en te oorkom. Ek het uiteindelik op ‘n positiewe manier geleer om my woede te verwerk. Dit was ‘n nuwe begin vir my.
As jy jou woede in die gesig staar en besluit om dit op God se manier te hanteer, kan jy dit oorkom. Die Heilige Gees gee ons die krag om stabiel te wees en te wandel in die vrug van die Gees. Ons het die mag om diegene wat onreg doen in ons lewens te vergewe en lief te hê.
Ons moet dus verantwoordelikheid neem vir ons woede en leer om dit te hanteer. In plaas daarvan om dit op te krop, vra die Here om jou te help om dit vry te laat. Verwerk dit, los dit op en die druk sal verlig word.
Gebedsbeginpunt
Vader, ek wil geen woede in my binneste hou nie, want dit is dwaas en nie aangenaam vir U nie. Ek vra U hulp om die woede in my lewe te oorkom.