Streef na die uitnemendheid van Daniël

Streef na die uitnemendheid van Daniël

“Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat ‘n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.” —Daniël 6:4 AFR53

Daniël is ‘n man in die Bybel wat beskryf word as iemand wat ‘n “voortreflike gees” gehad het. Hy het geleef om God te eer in sy lewe, maak nie saak wat dit hom sou kos nie.

Daniël het God liefgehad en niks het hom gestuit in sy voltroue besluit om die Here te dien nie. As gevolg daarvan, het God hom guns met die koning gegee, wat gelei het tot sy promosie oor die ander leiers in die land. Maar sy getrouheid aan God was getoets.

Die leiers het nie daarvan gehou dat die koning Daniël guns gegee het nie. So hulle het die koning gemanipuleer om ‘n wet te teken wat almal verhoed om enige ander gode te aanbid, behalwe die koning s’n, vir dertig dae. As jy hierdie wet oortree het, sou jy in die leeukuil gegooi word.

Daniël het nie gevou onder hierdie wet nie – hy was meer bekommerd oor sy verpligting aan God. As jy die storie ken, sal jy weet dat God hom beskerm het en Hy die glorie aan die einde gekry het.

Ek wil jou bemoedig om te leef met dieselfde voortreflike gees. Wees vasberade om vir God te leef in elke area van jou lewe. As jy dit doen, sal jy jou ware doel bereik en God glorie bring in alles wat jy doen, nes Daniël.

Gebedsbeginpunt

Here, ek wil myself verbind aan ‘n lewe van voortreflikheid, nes Daniël. Bewerkstellig ‘n “voortreflike gees” in my, sodat ek U kan dien met my hele hart, in alles wat ek doen.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon