Trek die nuwe mens aan

Trek die nuwe mens aan

‘’Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.’’ —Efesiërs 4:24 NLV

Nadat al die pynlike dinge wat in jou verlede gebeur het gekom en gegaan het, wil God steeds hê dat jy elke dag jou lewe moet geniet. Dit sal egter nie gebeur voor jy besluit het om die oorvloedige lewe wat Jesus se dood en opstanding vir jou gekoop het, te vat nie. Tot dan sal die duiwel dit altyd probeer wegneem.

Jesus sê, Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het (Johannes 10:10) Jesus het na die aarde gekom en gesterf sodat ons ‘n oorvloedige lewe mag hê!

Met die lewe wat Hy gee is jy ‘n nuwe skepping. Jy hoef nie toe te laat dat die ou dinge wat met jou gebeur het, jou nuwe lewe in Christus aanhou beïnvloed nie. As ‘n nuwe wese in Jesus Christus kan jy jou gedagtes vernuwe  volgens die Woord van God en jou emosies kan genees en herstel word. God se goeie planne kan ontvou wanneer jy in ‘n nuwe mens lewe wat Jesus vir jou gekoop het.


Gebedsbeginpunt

Here, ek kies daagliks om die nuwe mens wat Jesus vir my gekoop het aan te trek. Ek is wedergebore in Christus – ‘n vreugdevolle, vreedsame en ganse skepping in U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon