Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. – Galasiërs 5:22–23 (klem bygevoeg)
Liefde en selfbeheersing is soos boekstutte wat die res van die vrug van die Gees laat staande bly. Al die vrugte groei oorspronklik uit liefde en word in posisie gehou deur selfbeheersing. Dit is ’n goeie ding om die vrugte van die Gees te begeer, want dit behels geduld, vriendelikheid en nederigheid, goeie maniere, onbaatsugtigheid en nog vele ander goeie dinge. Hoewel dit gaaf sou wees as ons vanself op hierdie manier teenoor ander mense sou optree, gebeur dit selde sonder selfbeheersing.
Ons is dalk soms daartoe in staat, maar ander kere wanneer ons miskien nie so goed voel nie of ’n frustrerende dag beleef, is dit moeiliker om die vrug van die Gees te vertoon. Maar ons kan God dank omdat Hy ons selfbeheersing gegee het om selfs op sulke dae die vrug van die Gees in posisie te hou.
Kraggedagte
God help my om met selfbeheersing op te tree sodat ek te alle tye liefde aan ander kan betoon.