Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. (Jeremia 29:11)
Selfbejammering is ‘n vernietigende emosie. Dit verblind ons vir ons seëninge en die moontlikhede voor ons, en dit steel ons hoop vir vandag sowel as môre. Mense wat hulleself bejammer, dink dikwels, Hoekom moet ek probeer om iets te bereik? Dit sal nie ‘n verskil maak nie.
Moenie nog ‘n dag van jou lewe in selfbejammering mors nie. Wanneer jy hoop verloor en begin jammer voel vir jouself, stop en sê, ”Ek weier om jammer te voel vir myself. Ek is dalk nou in ‘n moeilike seisoen van my lewe, maar ek sal nie ophou hoop vir beter dinge nie.”
God het gedagtes en planne vir jou beswil, om jou hoop vir jou toekoms te gee. As jy vashou aan jou hoop deur jou fokus en geloof in Jesus te behou, sal wonderlike dinge in jou lewe gebeur.
Vandag se Gedagte
Wanneer ons in selfbejammering verval, verwerp ons in wese God se liefde en twyfel ons aan Sy vermoë om dinge te verander.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Romeine 8:28; 2 Korintiërs 4:16-17