Aanvaar die waarheid oor jouself

Aanvaar die waarheid oor jouself

“Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor dié Een aan Wie ons verantwoording moet doen.” —Hebreërs 4:13 NLV

Iemand het my een keer gevra hoe ek so vry leef van my onderdrukkende verlede.

My antwoord was baie eenvoudig: God het my die genade en gewilligheid gegee om die waarheid oor myself in die gesig te staar en te aanvaar.

Ek het grootgeword in ‘n woedende, onstabiele atmosfeer. As gevolg van my kort humeur, was ek meeste van die tyd kwaad. Omdat ek heeltyd kwaad was, het ek depressief, teleurgesteld en mismoedig groot geword. Ek het gewens ek kon ‘n beter lewe hê, maar my wense het niks opgelos nie. Dit het my tyd gemors omdat ek altyd my probleme op my slegte familie agtergrond blameer het.

Uiteindelik het God my laat besef dat terwyl ek nie verantwoordelik was vir wat met my gebeur het nie, kon ek nie my verlede verander nie en dat ek ophou moet wens en begin verantwoordelikheid vat vir die manier waarop ek lewe. Ek moet ophou om ander te blameer vir my lewe en omstandighede, en ophou verskonings maak vir myself. As ek dit doen en my vertroue in God plaas om genesing en restorasie vir my lewe te ontvang, sal ek verander. Nou het ek vrede en geniet my lewe.

Jy mag dalk in ‘n soortgelyke situasie wees. Om die waarheid oor jouself in die gesig te staar is skrikwekkend, maar jy hoef dit nie alleen te doen nie. Al jou foute is bekend aan God en as jy Hom vra vir Sy perspektief, sal Hy jou help om jouself op te tel, verantwoordelikheid te vat, en ‘n vredevolle lewe te lei. Vandag moet jy nie bang wees vir die waarheid oor jouself nie, maar laat God jou lei na ‘n nuwe môre toe.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek het U hulp nodig om die waarheid oor myself te sien. Dit is tyd om op te hou om ander te blameer vir my probleme van die verlede en om hulle reguit op die krag van U Woord te ontmoet. Help my om verantwoordelikheid te vat en te verander vir die beter.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon