“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.” —Jakobus 5:16 NLV
Ek het al geleer dat ‘n eenvoudige, uit-die-hart, vol-geloof-gebed altyd God se aandag trek. Ongelukkig kyk ons baie keer verby dit en ons probeer ons gebede in hierdie groot ding verander waar in realiteit dit eintlik net kommunikasie met God is.
Ons moet pasop om so te praat dat onsself beïndruk wanneer ons bid. Partykeer dink ek ons voel ons moet welsprekend klink. Ons wil God beïndruk met ons woorde en heilig klink. Maar God wil net met ons praat.
Hy wil hê ons moet met Hom praat soos met ‘n vriend – nie met ‘n ander stemtoon nie. As ons nie die Koningin se Engels praat deur die dag nie, hoef ons nie so te praat as ons bid nie. Ons hoef ook nie ure aaneen te bid nie. Dit is goed om ‘n skedule vir gebedstyd te hê, maar ons kan bid tot ons klaar is en dan aangaan met ons besigheid tot die volgende keer wat ons voel ons moet bid.
Die enigste gebed wat ooit bevredigend is, is as jy eenvoudig net die geleentheid gebruik om God te eer en te bedank vir alles wat Hy vir jou doen, Sy hulp te kry en Hom in te sluit in alles wat jy doen. Hy is nie hier om beïndruk te word nie…Hy is hier om die lewe saam met jou te doen. Moenie ‘n optrede probeer hou nie. Nooi Hom net in.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, moenie my toelaat om gebed in ‘n optrede te laat verander nie! Ek wil nie ‘n sekere manier of tyd bid net om U te beïndruk nie.