Maak God jou “een ding”

Maak God jou “een ding”

“Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink.” —Psalms 27:4 NLV

Die lewe is nie veronderstel om gekompliseerd te wees nie. Jesus het nie gesterf sodat ons gekompliseerde, gefrustreerde en ellendige lewens hoef te lei nie. Johannes 10:10 sê dat Hy het gesterf vir ons sodat ons ons lewens kan geniet. Die minuut wat alles gekompliseerd raak, steel dit ons vreugde. Ons moet leer hoe om op te hou stres en op te hou om verskriklike besige lewens te lei.

Die teenoorgestelde van ‘n besige lewensstyl is eenvoudigheid. Eenvoud beteken: “enkel, wat een ding behels, ongemeng”. God het al met my kom praat oor die idee van ‘n eenvoudiger lewe lei. Hy het my gewys dat die enigste manier om dit te doen, is om net alles te fokus op “een ding”.

God wil net hê ons moet oor Hom wees. Hy sê vir ons in Sy Woord dat ons nie Sy Koninkryk gaan erf as ons nie na Hom toe kom soos ‘n klein kind en sê, “ek glo” nie.

Dit klink amper te eenvoudig, en jy mag dalk dit kompliseer… maar moenie! God se plan vir jou is eenvoudig. Dit maak nie sin in jou kop nie maar daar is niks gekompliseerd aan God nie, en Hy wil nie hê dit moet gekompliseerd wees nie. Kom na Hom toe vandag en sê: “Ek glo”. Maak Hom jou “een ding”.


Gebedsbeginpunt

Here, ek glo in U. Ek wil nie ‘n lewe leef met die swaarheid van komplikasies nie, so vandag soek ek ‘n lewe van eenvoud.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon