Wees agterdogtig oor agterdogtigheid

Wees agterdogtig oor agterdogtigheid

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” 1 Korintiërs 13:7 NLV

1 Korintiërs 13:7 gee vir ons ‘n helder prentjie van wat dit beteken om mense regtig lief te hê. Ek kan eerlikwaar sê dat om aan hierdie skrif gehoorsaam te wees was vir my ‘n baie groot uitdaging.

Toe ek groot geword het was ons geleer om agterdogtig te wees oor alles en niemand te vertrou nie. Maar toe ek begin mediteer op die karaktereienskappe van liefde het ek besef dat liefde glo altyd die beste en dit het my gehelp om ‘n nuwe ingesteldheid te kry.

Agterdogtigheid werk teen die presiese kwaliteite wat nodig is vir goddelike verhoudings. Vertroue en geloof bring vreugde in die lewe en help om verhoudings tot hul maksimum potensiaal te laat groei, maar agterdogtigheid gee ‘n verhouding ‘n knou en dit vernietig dit later.

Nou dit is waar dat mense nie altyd perfek is nie, en somtyds gaan mense ons vertroue misbruik, maar oor die algemeen is die voordele daarvan om die beste in mense te sien baie beter as enige negatiewe ervarings. As jy sukkel met agterdogtigheid, onthou vandag dat ons die wonderlike Heilige Gees binne ons het om ons te herinner as ons gedagtes in die verkeerde rigting gaan. Kom ons vra Hom om ons agterdogtige gedagtes in gedagtes van liefde te verander.


Gebedsbeginpunt

God, ek verstaan nou dat om mense nie te vertrou nie en altyd agterdogtig te wees oor ander baie sleg vir my verhoudings is. Wys my hoe om my hart aan ander oop te maak en om die beste te glo in elke omstandigheid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon