Laat God die swaar optelwerk doen

Laat God die swaar optelwerk doen

“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” —Johannes 15:5 NLV

Een van die belangrikste dinge wat ek geleer het is om God toe te laat om die swaar optelwerk te doen. Te veel keer sien ons wat fout is met onsself en ons probeer om dit reg te maak in ons eie krag, maar dit sal nooit goed genoeg wees nie. Jesus sê in Johannes 15:5, dat sonder Hom…kan ons niks doen nie.

Ons mag dalk probeer om selfversorgend te wees, maar ons moet toelaat dat God ons die genade en vermoë gee om te doen wat ons moet doen. Wilskrag en determinasie kan ons laat wegspring, maar dit hou nie altyd lank nie en dan los dit ons geparkeer in die middel van ‘n gemors.

Ons kan leer om die lewe wat Jesus gesterf het voor, te geniet deur God uit te nooi om deel van elke aspek te wees. Jesus het gesê, “Kom na my toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik” (Matteus 11:28 NLV).

Ons is nie gemaak om te funksioneer sonder God nie. En met Hom, kan ons enige slegte gewoonte of verslawing breek, soos: ooreet, dwelmmisbruik, slegte tydsbestuur, woede, jy noem dit. Jesus is groter as enige probleem wat jy het.


Gebedsbeginpunt

God, ek weet dat ek niks sonder U is nie, so ek nooi U uit in elke area van my lewe. Ek sal laat U die swaar optelwerk doen, soos ek U volg en vertrou elke dag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon