Bly in die Woord

Bly in die Woord

“As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” —Johannes 15:7 NLV

Meeste Christene verstaan die belangrikheid daarvan om die Bybel te lees, maar baie verstaan nie die belangrikheid daarvan om in die Woord te bly en dat die Woord in hulle bly nie.

Wanneer ons ywerig die Bybel bestudeer en dit diep in ons harte vasmaak, het ons dadelike toegang tot skrif wanneer ookal ons dit nodig het. En Jesus het belowe dat ons vir enigiets kan vra in gebed en ons sal dit ontvang.

Om te bly in die Woord en toe te laat dat die Woord in ons bly, maak ons ware dissipels van Jesus (sien Johannes 8:31). Dit gee ons meer krag in ons gebedslewe en krag in gebed gee ons krag oor die vyand.

Bly jy in God se woord…en laat jy toe dat dit in jou bly?

As die antwoord nee is, wil ek jou aanmoedig om aksie te neem. Maak lees en bestudering van die Woord ‘n prioriteit. Begin om skrif te memoriseer en steek dit diep in jou hart weg. Dan, wanneer jy die gevegte van die lewe aanpak, sal jy ten volle toegerus wees en voorbereid wees om die oorlog te wen.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil ‘n ware dissipel wees en in die krag loop van om in U Woord te bly. Lei my soos ek ywerig die Woord bestudeer en hou U waarheid binne my hart.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon