“Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!” —Hebreërs 13:8 NLV
My man, Dave, is ‘n wonderlike voorbeeld van iemand wat konstant lewe met vrede en stabiliteit. Hy herinner my altyd aan ‘n rots, wat een van die name van Jesus is.
Jy sien, net soos ‘n stewige rots, verander Jesus nooit nie. Die skrywer van Hebreërs sê dat Hy bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd.
Ek het altyd gesukkel om met dieselfde vrede te leef as wat Dave het. Ek sal een dag baie gelukkig wees en die volgende dag sommer depressief. Uiteindelik het ek besef wat Dave so vredevol maak: hy vertrou in die onveranderde God.
Hy weet, dat maak nie saak wat gebeur nie, God sal altyd dieselfde bly.
Die Bybel sê vir ons dat die Here ons God, wie met ons is ten alle tye, die Magtige Een (sien Sefanja 3:17) – magtig is om ons te help om te oorwin en te leef onder Sy onveranderde Woord en Gees.
Ons God is bekwaam…en stabiel. Hoekom vertrou jy Hom nie vandag nie?
Wanneer jy besef dat maak nie saak wat nie, God bly dieselfde, en jy basseer jou lewe op Sy onveranderde natuur, kan jy die aanhoudende kalm vreugde beleef wat Hy graag vir jou wil gee. Hoekom begin jy nie sommer vandag nie?
Gebedsbeginpunt
God, U is bekwaam en stabiel! U is die enigste konstante in hierdie lewe. Ek weet dat maak nie saak wat gebeur nie, ek kan op U vertrou en in U onveranderde natuur.