Ontvang die krag van God deur gebed

Ontvang die krag van God deur gebed

“Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het.” —Hebreërs 5:7 NLV

Gebed is so kragtig omdat dit die harte van mense op aarde verenig met die hart van God in die hemel. Wanneer ons bid, verbind ons onsself met God en Hy affekteer ons daaglikse lewens bo ons begrip.

Ek glo gebed is een van die wonderlikste kragte beskikbaar in die hele wêreld. Dit mag dalk soos ‘n dapper stelling klink, maar dit is waar!

Gebed maak die deur vir God oop om te werk. Dit is die aktiwiteit wat ek en jy kan in betrokke raak op aarde, waar die krag van die hemel in ons lewens inkom en wysheid, rigting, bemoediging en wonderwerk deurbrake bring. Gebed verbind ons tot die krag van God en dit is hoekom dit ‘n groter krag is as enige iets anders wat ons onsself kan indink. Selfs Jesus moes gebid het en die krag ontvang het toe Hy op aarde was.

Net God se krag kan vrede en vreugde bring, wysheid gee en ‘n ervaring van waarde en doel in ‘n mens se lewe bring, asook wonderwerke van elke aard.

Wil jy daardie krag sien werk in jou lewe? Begin dan om gebed ‘n prioriteit te maak in jou lewe.


Gebedsbeginpunt

Here, die krag van gebed is absoluut verstommend. Ek wil met U skakel en U sien werk in my lewe, so ek maak ‘n verklaring nou om konstant in gebed te bly saam met U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon