‘’Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees. Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?’’ – Psalm 27:1 NLV
Dit is onmoontlik om jou Godgegewe bestemming te bereik as jy toelaat dat jou gedagtes deur angs beheer word. Angs is verwant aan vrees en as jy heeltyd daaraan dink, sal jy ellendig voel en dit sal jou beroof van vreugde
Ek het ‘n gevoel van angs gehad toe ons ons reis na Indië beplan het om ‘n konferensie daar te hou. Ek was opgewonde oor die wonderlike geleentheid daar, maar al waarop ek kon fokus was die lang vlug en die slegte toestande wat in daardie land bestaan. Maar die Here het met my gepraat en my gewys dat ek die angs moet oorkom deur op Sy Woord te fokus en daarin te bly. As ek myself toegelaat het om te dink aan die negatiewe aspekte van die reis, sou dit die vreugde en opgewondenheid wat God wou hê ek moes ervaar, weggeneem het.
Angs is ‘n lokval en jy moet vasberade wees om nie daarin te val nie. Wanneer dinge opduik wat vrees en angs in jou hart bring, soos onsekerheid oor die toekoms of om nuwe situasies of uitdagings in die gesig te staar, gaan na Psalm 27:1, bid en bely hardop, ‘’Die Here is my lig en my redding – vir wie moet ek dan vrees?’’
Gebedsbeginpunt
Vader, ek verklaar vandag dat U my Lig en my Redding is. As gevolg van U hoef ek niks in die lewe te vrees nie. Ek het oorwinning in U.