Jou lewe sal nie verander voordat jou denke nie verander nie

Jou lewe sal nie verander voordat jou denke nie verander nie

‘’Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.’’ – Filippense 4:8 NLV

Ek was vir baie jare ongelukkig omdat ek die oomblik wanneer ek wakker geword het, aan negatiewe, hartseer, neerdrukkende dinge begin dink het. Nou kan ek waarlik sê dat ek ten volle tevrede is, aangesien die Heilige Gees my gehelp het om te leer hoe om te werk met die Christelike gedagtes wat binne my is.

Miskien het jy, net soos ek, jare lank verkeerde gedagtes gedink. Die goeie nuus is dat dit met God se hulp vandag kan verander.

As jy sukkel met negatiewe denke, is dit belangrik om te aanvaar dat jou lewe nie sal verander totdat jou denke nie verander nie. Hernude Goddelike denke is noodsaaklik vir verandering.

Die Bybel het baie te sê oor watter soort dinge ons moet nadink. Filippense 4:8 sê dat ons moet nadink oor dinge wat ons opbou en nie afbreek nie.

Ek wil jou vandag uitdaag. In plaas daarvan om soggens wakker te word en onmiddellik negatiewe gedagtes te dink, kies ‘n positiewe waarheid uit die Skrif en fokus elke dag daarop as jy wakker word. Laat God se Woord in jou groei en jou gedagtes verander. Besin oor goeie dinge en geniet die goddelike veranderinge wat dit bring.


Gebedsbeginpunt

Here, ek is gereed om te verander en met Christelike denke te leef. Help my om net te dink oor wat waar, eerbaar, suiwer, lieflik, vriendelik, genadig, deegsaam is – wat ook al van U is.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon