God se woord is goeie medisyne

God se woord is goeie medisyne

‘’Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.’’ —Psalm 107:20

Baie mense maak die fout om te glo in genesing sonder om God se Woord te raadpleeg. Hulle sê, “Ek glo in genesing,’’ sonder om Sy Woord te raadpleeg of te gebruik. Hoeveel goed kan medisyne vir ons doen as ons dit nie gebruik nie?

God se Woord is Sy medisyne – dit is ‘n genesingsmiddel, net soos natuurlike medisyne ‘n genesingsmiddel of ‘n katalisator is. Maw die medisyne self bevat die vermoë om genesing te produseer. In die Woord van God is die kapasiteit, die lewe, die vermoë en die aard om genesing in jou ligaam te bring.

So, hoe neem jy dit? Dit is slegs wanneer God se Woord wortel skiet in jou hart en daar bly dat dit genesing in jou liggaam lewer. Hoofkennis alleen doen dit nie. Die Skrif moet jou gedagtes en hart binnedring deur meditasie – lees dit, hoor dit, dink daaroor en rol dit in jou gedagtes oor en oor – sodat genesing in jou liggaam bewerkstellig kan word. En sodra die Woord werklik in jou hart binnedring, kan dit jou hele liggaam genees. Laat die Woord van God vandag diep in jou hart ingaan.


Gebedsbeginpunt

Here, Ek kies vandag om te mediteer op U genesende Woord. Met U Woord diep in my hart weet ek dat U genesing my liggaam sal vul.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon