“Netto praat”

“Netto praat”

“Meer woorde bring nie minder sonde nie. Hy wat sy woorde tel, is verstandig.” —Spreuke 10:19 NLV

Ons moet almal leer hoe om grenslyne met ons woorde te vestig en te behou. Spreuke 10:19 sê, meer woorde bring nie minder sonde nie. Hy wat sy woorde tel, is verstandig. Met ander woorde, mense wat baie praat bevind hulself baie keer in die moeilikheid.

Omdat ons woorde soveel krag dra, moet ek en jy leer om te sê nét wat gesê moet word.

Ek noem dit “netto praat”. Wanneer ons betaal word, kry meeste van ons ‘n salarisstrokie – alles wat uitgehaal moet word is reeds verwyder van die bruto.

Ons kan dieselfde beginsel toepas met ons woorde.

Jy moet sekere tipe woorde verwyder van jou spraak voordat dit nog by jou mond uitkom. Hierdie sluit in negatiewe woorde, skinder, onsinnige vleiery, sarkasme en growwe grappies, of om snaaks te probeer wees in ‘n onbeskofte manier. In plaas daarvan, kies eerder om goed te praat van ander, vind en fokus op hul goeie kwaliteite.

Hulle sal dit waardeer en bemoedig wees en jy sal nie jouself in die moeilikheid kry nie!


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil “netto praat” en uit die moeilikheid bly. Maak my sterk en bemoedig my sodat ek kan leef in U grenslyne met my woorde.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon