Hoekom laat ‘n goeie God toe dat slegte dinge gebeur?

Hoekom laat ‘n goeie God toe dat slegte dinge gebeur?

“Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie.” —Jakobus 1:17 NLV

Wanneer ons ‘n tragedie ervaar, is dit ‘n algemene ervaring om kwaad vir God te wees. Mense vra gereeld, “As God goed en kragtig is en vol soveel liefde vir ons, hoekom het Hy nie die ding gestop wat die pyn veroorsaak het nie?”

Dit is waar Satan soek om ‘n muur tussen God en die persoon wie seergekry het, te probeer bou. Hy kan nie wag vir die geleentheid om te sê dat “God nie goed is nie en Hy kan nie vertrou word nie”. Maar, ons weet dat volgens die Woord van God, dat die waarheid nie in Satan is nie – hy is ‘n leuenaar en die vader van leuens.

Lees Jakobus 1:17. Alle goeie dinge kom van God af. God is goed en Hy kan niks anders wees nie. Verder verander Hy nooit nie.

Hy is perfek en stabiel, getrou en konsekwent. Hy is goed – altyd.

Dit is so dat God nie altyd ‘n tragedie stop nie en die eerlike waarheid is dat ons nie altyd weet hoekom slegte dinge gebeur nie. 1 Korintiërs 13:12 sê dat ons dinge nog net vaagweg soos in ‘n dowwe spieël sien, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees. Ons moet onthou dat geloof altyd sal vereis dat ons onbeantwoorde vrae moet aanvaar en ons moet kom op ‘n plek tot waar ons tevrede is om te weet dat die Een wat alles weet, die Een is waarin ons ons vertroue kan plaas.


Gebedsbeginpunt

God ek mag nie altyd verstaan hoekom slegte dinge gebeur nie, maar ek weet dat U goed is. Wanneer ek nie verstaan hoekom nie, sal ek my vertroosting in U vind.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon