Here, U deursoek my en ken my. (Psalm 139:1)
Om in ‘n hegte verhouding met God te wees, is dit belangrik om te weet dat Hy tevrede is met jou, ten spyte van jou vermeende gebreke en onvolmaakthede.
Baie mense ly verskriklik met geheime bekommernisse dat hulle God nie behaag nie. Hulle is bang dat God vir hulle kwaad is weens die foute wat hulle gemaak het.
Die waarheid is dat jy geregverdig is deur die werk van Jesus, nie deur jou eie werke nie. Jy is onvolmaak, jy sal foute maak en God is nie verbaas wanneer jy dit doen nie. Hy het elke fout geweet wat jy ooit sou maak toe Hy jou in ‘n verhouding met Homself geroep het. Psalm 139 sê vir ons duidelik dat God weet wat ons gaan doen nog voor ons dit doen, so probeer in gedagte hou dat God alles van jou weet en Hy het jou in elk geval lief.
Vandag se gedagte
As jy op jou eie perfek kon wees, sou jy Jesus nie nodig gehad het nie. Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Romeine 8:38-39; 1 Johannes 4:16