Ontwikkel ‘n gesindheid van gebed te midde van kommer

Ontwikkel ‘n gesindheid van gebed te midde van kommer

‘’Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.’’ —Filippense 4:6 NLV

As jy onder druk is, is dit altyd beter dat jy daaroor bid in plaas daarvan om daaroor te praat. Gebed is die bloudruk vir ‘n suksesvolle lewe. Gedurende Sy tyd op aarde het Jesus gebid. Hy het alles aan God toevertrou – selfs Sy reputasie en Sy lewe. Ons kan dieselfde doen. Ons hoef nie al ons probleme aan Hom te verduidelik nie; ons kan dit net so oorgee aan Hom en vra dat Hy sal sorg.

Wees versigtig dat jy gebed nie kompliseer nie. Ek dink baie keer wag mense totdat hulle tyd alleen met God het of kerk toe moet gaan voordat hulle regtig bid, sonder om te besef dat hul enige tyd kan bid. Vertrou op eenvoudige, gelowige gebede en onthou Paulus se instruksies in Filippense 4:6. In plaas daarvan om bekommerd te wees, bid en vra God om hulp wanneer jy in ‘n moeilike situasie verkeer.

Die Bybel vertel ons dat God getrou is – dit is een van Sy karaktereienskappe. Daar kan op Hom staatgemaak word om vir ons deur te kom as ons tot Hom bid, daarom moet ons Hom volkome vertrou. As ons dit doen, sal ons gereed wees vir enigiets wat na ons kant toe kom.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie ‘n lewe van bekommernisse leef nie. In plaas daarvan besluit ek om altyd die gewoonte te hê om tot U te bid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon