“Jy sal ’n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs.” —Jesaja 30:21 NLV
Die Heilige Gees wil ons altyd lei deur die lewe, maar somtyds is ons so gefokus op die “groot” dinge dat ons nie besef dat Hy in klein prikkels praat reg deur die dag nie.
Ek was oppad huis toe een dag en het beplan om te stop en ‘n koppie koffie te kry, toe ek ‘n baie sterk ervaring gehad het dat ek my assistent moet bel en hoor of sy ook een wil hê.
Toe ek bel, sê sy: “Ek het nou net hier gestaan en dink dat ek baie graag ‘n lekker koppie nou wil hê”.
Jy sien, God wil vir haar die begeerte van haar hart gee en Hy wil deur my werk. Ek het nie ‘n harde stem gehoor of ‘n engel gesien of visie gehad nie. Ek het eenvoudig ‘n gevoel in my binneste gehad of ‘n gedagte dat ek vir haar ‘n koppie koffie moes aanbied.
In dieselfde manier wil God mense in jou lewe seën. Ek moedig jou aan vandag om jou hart sensitief te hou vir God se stem. Volg die klein prikkels. Hy sal met jou hart praat en jou lei in die manier wat jy moet gaan.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek kies vandag om myself stil te maak sodat ek die klein prikkels kan hoor. Wys my manière wat ek ander kan seën.