“Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie.” —Psalms 1:1 NLV
Om te lewe bo die samelewing se morale agteruitgang behels keuses wat ons moet maak oor ons gesprekke, die manier hoe ons aantrek, wat ons lees en die tv-programme of flieks wat ons kyk. Dit het ook te doen met die vlak van integriteit waarmee ons leef in ons persoonlike lewens, hoe ons interaksie met ander mense is en hoe ons onsself in die besigheidswêreld gedra.
As Christene, moet ons mekaar aanmoedig om te leef op ‘n goddelike standaard en die wêreld se trek te weerstaan. ‘n Bekende gesegde sê: “Pasop vir jou gedagtes, jou gedagtes word jou woorde. Pasop vir jou woorde, want dit word jou aksies. Pasop vir jou aksies, want dit word jou gewoontes. Pasop vir jou gewoontes, want dit word jou karakter. Pasop vir jou karakter, want dit word jou lot”.
Een van God se grootste gawes aan die mens is die vrye wil om keuses te maak. As ons die seëninge wil geniet wat Hy vir ons het, moet ons leefstyl keuses maak wat in lyn is met Sy Woord en konsekwent is met die waardes van Sy Woord, nie keuses wat die waardes van die wêreld uitbeeld nie.
Ek moedig jou aan om ‘n keuse te maak om God totaal te dien, en Hom eerste te sit in alles wat jy doen.
Gebedsbeginpunt
God, ek wil nie leef met die wêreld se standaarde nie. Ek sit U eerste in my lewe, want ek weet dat U weg die beste is.