Gee vir Hom jou as

Gee vir Hom jou as

“So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.” —Psalms 103:12 NLV

Wanneer ons toelaat dat die Vader ons gemors vat, het Hy die vermoë om dit in wonderwerke te verander en ons foute ten goede te gebruik as ons Hom net wil vertrou.

Jesaja 61:3 sê dat Hy ons sieraad sal gee vir as, maar ek ervaar dat baie mense wil vashou aan hul as, die dinge van die verlede, as herinneringe van hul tekortkominge en mislukkings. Ek wil jou aanmoedig om ontslae te raak van jou as en vir iets nuut uit te reik.

Te veel mense leef in die verlede en voel asof hulle nooit werklik ‘n kans sal hê nie. Het jy ‘n tweede kans nodig? Vra vir God vir ‘n tweede kans, of ‘n derde, vierde of vyfde – watookal jy nodig het.

God is vol genade en lankmoedigheid. Sy liefde en goedheid sal nooit misluk of tot ‘n einde kom nie. Die Bybel sê dat Hy het jou oortredings ver van jou af verwyder, so jy hoef nie meer daaraan vas te hou nie.

Jesus het gekom om die las te lig, maar jy moet bereid wees om te laat gaan en te glo dat Hy groter as jou foute is. Gee vir Hom jou as vandag.


Gebedsbeginpunt

God, ek weet dit doen my nie goed om aan te hang aan die verlede wanneer U voor my staan met ‘n vars kans nie, so ek laat gaan van my as. Ek gee dit aan U, en is opgewonde om te sien wat U daarmee gaan doen.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon