Die Here is jou krag

Die Here is jou krag

“Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!” —Efesiërs 6:10 NLV

Ons moet besef dat deel van Satan se plan vir gelowiges is om ons moeg te maak. Daniël 7:25 gee ons ‘n beskrywing van ‘n visie wat die profeet Daniël ontvang het: … en hy sal die heiliges van die Allerhoogste onderdruk…

Maar God wil hê ons moet bemoedig wees. Romeine 8:37 gee Christene goeie nuus: maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. “Meer as oorwinnaars” beteken dat voordat die moeilikheid ooit begin het, weet ons alreeds wie wen. Ek hou daarvan, en jy?

Ons kan vasberade in ons harte wees om so ‘n intieme verhouding met God se behou, deur gebed en Sy Woord, dat ons konstant sterker word deur die krag van Sy beloftes. Intimiteit met God produseer sterk Christene wat die duiwel kan oorwin!

Lewe jou lewe vol vertroue in God se krag en moenie vrees oor die swaar tye wat moë soldate kan produseer nie. Bly sterk in Hom en die krag van Sy mag.


Gebedsbeginpunt

God, U alleen is my krag. Ek sal nie dat Satan my ‘n moë Christen maak nie, maar ek sal sterk bly in my intimiteit met U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon