““Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?” —Mattheus 6:27 NLV
Om jouself te bekommer doen jou regtig niks goed nie. Dit verander nie een enkele ding in jou lewe nie en ons mors tyd deur ongelukkig oor goed te wees waaraan ons niks kan doen nie – dinge wat net God kan verander.
Die Bybel sê dat ons kan ons lewens nie met een sekonde langer rek deur bekommerd te wees nie. Maar tog is ons bekommerd, bekommerd, bekommerd en nog bietjie meer bekommerd, wat ons nêrens bring nie.
Elke keer as ons ongelukkig raak, vat dit baie emosionele energie, maak ons moeg, mors met ons gesondheid, steel ons vreugde en dit verander net mooi niks. Ons moet ophou om die dinge te probeer reg maak wat net God kan regmaak, want die enigste een wat hande klap is die duiwel wat sê: “ha, ha, ha! Ek het hulle weer gekry!”.
Jesus sê vir ons om te “kalmeer” in Johannes 14:27 en om jou gemoed op te helder in Johannes 16:33. Ek dink dit is ‘n dubbele uitslaanhou vir die duiwel as ons dit doen. As jy besef dat jy nie alles kan regmaak, dit kalmeer jou en wanneer jy weet dat God kan, helder dit jou op. So moenie bekommerd wees nie. In plaas daarvan, kalmeer en helder op, en stuur die vyand weg!
Gebedsbeginpunt
Here, my bekommernis help eintlik niks nie, so ek los dit agter.