“Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.” —Jakobus 4:8 Afr83
Ek wil hê dat jy iets moet besef van hierdie vers hierbo. Let op dat ons word gesê om te nader tot God voordat daar gesê word ons moet ophou sondig.
Daar is so baie mense wat dit verkeerd om het. Hulle dink hulle kan nooit na God toe kom of verhouding met Hom hê nie, omdat hulle probleme het in hul lewens wat hulle eers moet uitsorteer. Hulle probeer dan alles uitsorteer sodat hulle goed genoeg is om verhouding met God te hê.
Maar dit is heeltemal verkeerd. Die rede dat Jesus gekom het, is omdat ons nooit goed genoeg sal wees sonder Hom nie. Ons moet Jesus in ons lewens hê. Sy dood, Sy bloed wat Hy vir ons uitgestort het – betaal die skuld wat ons skuld.
Daar is geen manier wat ons skoon van sonde kan kom tensy ons nader trek aan God deur die naam van Jesus nie. God begeer vir jou om nader te trek aan Hom vandag. Moenie wegbly nie, moenie die leuen glo dat jy jouself eers skoon van sonde moet maak nie. In plaas daarvan, gaan na God toe, en laat Hom toe om jou skoon te maak deur die opoffering wat Jesus vir jou gemaak het.
Gebedsbeginpunt
God, ek kom na U toe deur die bloed van Jesus wat my skoonmaak van sonde. Dankie vir U vergifnis. Ek weier om te lewe in skuld omdat ek weet dat as ek nader aan U trek, kan ek U liefde en vergifnis ontvang.