‘’Blydskap laat ‘n mens se gesig straal. Hartseer maak ‘n mens teneergedruk.’’ – Spreuke 15:13 NLV
Almal weet hoe om te glimlag. Dit is een van die grootste geskenke wat God ons gegee het. ‘n Glimlag laat mense goed voel , en mense lyk mooi wanneer hulle glimlag. Wanneer die vreugde in jou lewe opmerklik is, word dit oorgedra na ander. Maar as jy die vreugde van God binne-in jou opgesluit hou en nie toelaat dat dit op jou gesig wys nie, ontneem jy diegene rondom jou van ‘n aangename en verfrissende ervaring. Mense verstaan nie dat om uiting te gee aan jou vreugde jou omstandighede en, dalk, die lewe van ander om jou kan verander nie. Wanneer jy jou lewe met die vreugde van die Here leef, sal dit negatiewe, neerdrukkende omstandighede verjaag. En as ons Sy vreugde diep binne-in ons het, kan ons nie anders as om dit te vertoon deur te glimlag nie! Ek sou nooit kon dink dat glimlag so ‘n ernstige saak is nie, maar God het my kom wys hoe revolusionêr ‘n eenvoudige glimlag kan wees. Om vreugde uit te druk deur die kalmte van ‘n glimlag bring goeie dinge in jou lewe en deel die vreugde en lig van die Here met ander…so glimlag.
Gebedsbeginpunt
Vader, herinner my om daagliks te glimlag! U het my groot vreugde gegee en ek wil dit vertoon en die lewens van ander verhelder!