‘’Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.’’ —1 Petrus 5:9 NLV
As jy die groot magtige dinge wil hê wat God vir jou het, moet jy die wortel van jou negatiewe gedagtes vind en dit hanteer. Want totdat die wortels verwyder is, sal dit aanhou om die een slegte vrug na die ander te produseer.
Ons spandeer te veel om die slegte vrug van ons gedrag te hanteer, maar ons delf nooit diep genoeg om by die wortel van die probleem uit te kom nie. Om diep te grawe om by die wortel van die probleem uit te kom, is pynlik, maar dit is die enigste blywende manier om die probleem op te los. Ons kan of die pyn van verandering deurgaan deur te doen wat reg is, of ons kan die duiwel se plan volg en die pyn deurgaan deur dieselfde te bly. Sy doel is om jou vir altyd vas te hou in jou ou gewoontes.
Petrus sê vir ons dat ons goed gebalanseerd en gematig moet wees om die duiwel te weerstaan (sien 1 Petrus 5:8-9). Jy moet besluit of jy die pyn wil hê wat jou in ‘n nuwe ryk van glorie sal neem en of jy dieselfde ou pyn en die slegte vrug wat dit in jou lewe bring, wil behou.
Weerstaan die duiwel vandag en volg die Heilige Gees volgens die plan wat God vir jou het.
Gebedsbeginpunt
Vader, ek het U hulp nodig om die duiwel te weerstaan. Ek weet dis pynlik om slegte wortels op te grawe, maar as dit my nader aan U bring, wil ek dit doen. Versterk my as ek die duiwel teëstaan en my onderwerp om U te volg.