‘’Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. En wees dankbaar.’’ —Kolossense 3:15 NLV
Ons almal het emosies, en dit is daar om te bly. Ek glo dat een van die hoofdoelstellings van elke gelowige emosionele stabiliteit moet wees. Ons moet by God leer hoe om ons emosies te bestuur in plaas daarvan om toe te laat dat dit ons bestuur.
Dink daaraan: Jy is op soek na ‘n spesifieke item wat jy benodig. Jy het ‘n verbintenis met die Here gemaak om jou skuld minder te maak, en jy het besluit om jou uitgawes dop te hou en nie dinge te koop wat jy nie nodig het nie. Maar terwyl jy inkopies doen, ontdek jy dat die winkels 50% afgemerk het op die reeds afgemerkte goedere. Wat doen jy? Volg jy jou emosies en gee in, of wag jy tot jou emosies gestabiliseer het voordat jy ‘n besluit maak?
God wil hê dat jy besluite neem wat deur vrede oorheers word. As jy Sy vrede laat heers, beteken dit dikwels dat jy ‘n rukkie moet wag tot jou emosies stabiliseer en kyk of jy regtig glo dat dit die regte ding is om te doen.
Moenie toelaat dat emosies jou besluite neem nie. Gaan altyd met vrede.
Gebedsbeginpunt
Vader, ek kies dat U vrede my hart regeer. Ek wil nie besluite neem gebaseer op emosies nie, maar ek wil kalm en rustig die pad kies wat U vir my wil hê.