Ontvang die Heilige Gees en die krag om te vergewe

Ontvang die Heilige Gees en die krag om te vergewe

‘’Nadat Jesus dit gesê het, het Hy oor hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang die Heilige Gees! ‘’ —Johannes 20:22 NLV

God wil hê dat ons moet leef met harte van vergifnis. Ons almal moet gewillig kies om gehoorsaam te wees aan God en enige oortreding te vergewe, van die kleinste tot die grootste, maak nie saak hoeveel die duiwel ons gedagtes met bitterheid probeer vergiftig nie. Dis is meestal makliker gesê as gedoen, maar God verwag nie dat jy dit op jou eie moet doen nie.

Jy kan nie vergewe sonder die krag van die Heilige Gees nie. Dit is te moeilik om dit op jou eie te doen, maar as jy regtig gewillig is, sal Hy die Gees stuur om jou te help. Jy moet nederig wees en bereid wees om tot Hom te roep vir hulp.

In Johannes 20:22 het Jesus oor die dissipels geblaas en gesê: ‘’Ontvang die Heilige Gees!’’ Sy volgende opdrag was oor om mense te vergewe.

Hy sê dieselfde vir jou. Hy wil jou vul met die Heilige Gees en jou in staat stel om te vergewe, maar jy moet Hom vra en ontvang. As jy gewillig is, kan God jou die krag gee om van alle bitterheid en onvergewensgesindheid in jou hart ontslae te raak.

Vra God om die Heilige Gees oor jou te blaas sodat jy diegene wat jou seergemaak het kan vergewe.


Gebedsbeginpunt

Here, ek is gewillig. Blaas oor my en vul my met U Gees. Ek kies om die bemagtigende krag van die Heilige Gees te ontvang en te vergewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon