“En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is”. Filippense 4:7 NLV
Om in God se vrede te leef is van kardinale belang om die lewe te geniet. Ek glo dat een van die sleutels om in vrede te leef, is om elke dag klein stappies na vrede te maak. Hier is ‘n paar wenke wat jy kan gebruik om ‘n meer vredevolle leefstyl te kweek:
- Wees selektief oor hoe jy jou tyd spandeer. Jy probeer dalk om te veel goed te doen en jy doen nie een van die goed reg nie. Om te jaag is die vlees wat meer probeer doen as wat die Heilige Gees jou lei om te doen. Wees gelei deur die Heilige Gees.
- Wees bereid om mooi “nee” te sê. Soms pak ons te veel dinge aan want ons was te ongemaklik om nee te sê. Vra God om jou die woorde te gee sodat jy kan nee sê wanneer jy moet.
- Weerstaan die gees van uitstel. God se woord sê dat ons self dissipline moet beoefen. Doen wat jy weet jy moet doen, sodat jy ten volle jou tye van rus kan geniet.
- Verwyder dinge wat jou aandag kan aflei. As jy weet jy word maklik afgelei deur byvoorbeeld televisie kyk, stel riglyne op vir jouself.
- Stel geskikte grense vir onderbrekings. Die lewe is vol onderbrekings, maar jy kan leer om grenslyne te stel wat jou kan help om in gesonde maniere dit te bestuur, byvoorbeeld om sekere tye te skeduleer wanneer jy “nie beskikbaar” is nie.
- Verander jou lewe. Vra God om jou te wys hoe om buite-die-boks maniere te vind om jou tyd en moeite te bespaar. Byvoorbeeld, as ek nie tyd het om skottelgoed te was nie, gebruik ek papierborde!
Die hoof punt is dat jy vrede ‘n prioriteit moet maak, neem praktiese stappe na dit en laat God jou lei om elke dag in Sy perfekte vrede te leef.
Gebedsbeginpunt
Vader, lei my na U vrede wat alle verstand te bowe gaan. Wys my daaglikse stappe sodat ek in U vrede kan stap vir my lewe.