Breek slegte gewoontes

Breek slegte gewoontes

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom”. —Romeine 12:21 NLV

Toe ons ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis begin om die mense te word wat God ons geskape het om te wees. In die proses leer ons hoe om ons swakhede te oorwin en in God se krag te leef. Dit beteken baie keer dat ons slegte gewoontes moet breek.

Vir jare en jare het ek ‘n gewoonte gehad om ontsteld te raak elke keer as ek nie my sin gekry het nie. Dit is dalk nie jóú slegte gewoonte nie. Miskien skinder jy, vloek of drink te veel koffie, kyk te veel televisie of spandeer geld op goed wat jy nie nodig het nie. Watookal jou slegte gewoonte is, jy kan dit breek.

Ek gaan nie sê dat dit maklik is om ou gewoontes af te leer nie, maar dit is God se begeerte vir ons om outoriteit te vat oor ons slegte gewoontes. Hy wil nie hê ons moet deur ons emosies “beheer” word nie – Hy wil hê ons moet oorwinning hê.

Om slegte gewoontes af te breek vereis ‘n reeks goeie besluite, een na die ander. Meeste van ons sal dit op ons eie krag probeer doen sonder die hulp van die Heilige Gees.

Die Amplified (Engelse) Bybel praat van die Heilige Gees as ons “bystand”. Hy staan altyd by jou vir as jy in die moeilikheid beland of hulp benodig. Maar Hy sal nie opdaag sonder ‘n uitnodiging nie. Jy moet Hom vra vir hulp.

Romeine 12:21 sê ons moet nie toelaat dat die slegte ons onderkry nie, maar ons moet goed doen om slegte te bowe te kom. Dit is een van die grootste geheime in die Woord van God. DIt is baie makliker om die regte keuse te maak as jy op God en jou oorwinning fokus eerder as op ‘n mislukking.

Maak vandag die keuse om in die Gees te stap, slegte gewoontes af te breek en te leef in oorwinning!


Gebedsbeginpunt

God, ek is klaar met my slegte gewoontes. Ek maak vandag ‘n keuse om die outoriteit te neem wat U my gegee het oor versoekings wat my wil beheer. Ek wil U Heilige Gees volg in ‘n nuwe en beter lewe met goeie gewoontes.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon