Deursettingsvermoë baat

Deursettingsvermoë baat

‘’En elkeen wat ’n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ’n pa of ’n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry.’’ —Matteus 19:29 NLV

Gedurende die vroeër jare toe ons ons bediening begin het, is Dave en ek soms baie beproef. Ek moes aan my houding werk. Ons moes aan ons huwelik werk en hoe om geld te hanteer. Vir ses jaar het ek my sokkies en onderklere by motorhuisverkope gekoop. Ons was heeltemal platsak –  en ek het gepreek oor God se oorvloedige voorsiening in ons lewens! Nie net dit nie, dit was destyds ongewild dat vroue gepreek het. Ons het vriende verloor en familielede wou niks met ons te doene gehad het nie. Dit was moeilik en somtyds wou ek net ophou. Maar vandag is ek so bly dat ek by God gebly het, want daar is mense regoor die wêreld wat gehelp is as gevolg van wat God deur ons bediening gedoen het. Die Skrif sê in Matteus 19 dat ons ‘’belangrike’’ dinge moet agterlaat ter wille van Hom. Ons het destyds nie alles gehad wat ons gedink het ons nodig het nie, maar die inruiling  was uiteindelik meer as die moeite werd. Volhard in jou lewenshandel met God, selfs al is dit moeilik. Bly gefokus in Hom en dit sal jou alles baat wanneer jy die oorwinning ervaar wat Hy vir jou het.


Gebedsbeginpunt

Here, soms is dit moeilik om te volhard in die Christelike lewe, maar ek weet dat deursettingsvermoë sal baat. Dankie dat U my die krag gee wat ek nodig het om aan te gaan. Ek sal U alleen volg, want U is alles wat saak maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon