‘’Asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.’’ —2 Korintiërs 10:5 NLV
Wanneer ons begin om ons gedagtes te vernuwe, sal daar tye wees wat ons dit nie kan doen nie. God weet ons is nie perfek nie en Hy is altyd daar om ons te help om weer op dreef te kom. Ongelukkig weet Satan ook ons is nie perfek nie en hy sal sy bes doen om ons gedurig daaraan te herinner. Ons kan aangaan, God dien, goeie dinge doen, uitstap in geloof en dan ewe skielik, sonder enige rede, op ‘n dag, is daar ‘n aanval in ons gedagtes. Satan sal ons vertel dat ons ‘n mislukking is, dat ons nie goed genoeg is nie, dat God ons nie lief het nie en die lys gaan aan en aan. Goddank vertel Sy Woord ons wat om in so ‘n situasie te doen. 2 Korintiërs 10:5 vertel ons om elke gedagte gevange te neem om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Dus, wanneer die duiwel ons leuens vertel, gaan na Sy Woord en soek die waarheid op wat die leuen teëspreek. Wanneer jy begin twyfel, moenie mismoedig raak nie. Bring dit in lyn met God se Woord. Dit werk elke keer!
Gebedsbeginpunt
Here, ek gaan nie toelaat dat leuens en twyfel wat die vyand my stuur my laat ontspoor nie. Ek gaan glo wat U Woord sê en daardie gedagtes gevange neem.