‘’Maar die vrug wat die (Heilige) Gees voortbring, is… geduld (‘n gelykmatige temperament, verdraagsaamheid)’’… —Galasiërs 5:22 NLV
. Dit neem gewoonlik langer as wat ons gedink het, en daar is altyd die kere waar ons moet wag. Die vraag is, gaan ons op die verkeerde manier wag of op die regte manier? Wanneer ons op die verkeerde manier gaan wag, Ons almal wil partykeer ‘n verandering in ons lewens hê, maar wil nie altyd deur die proses gaan om daar te kom niegaan ons ellendig voel; maar wanneer ons besluit om op God se manier te wag, sal ons geduldig word en dit eintlik geniet. Dit sal oefening verg, maar as ons toelaat dat God ons help in elke situasie, sal ons geduld begin ontwikkel, dis een van die belangrikste Christelike deugde. Geduld is ‘n vrug van die Gees. Dit word ontwikkel in beproewing, ons moet dus nie weghardloop van dit nie. Soos ons geduld ontwikkel, sê die Bybel dat ons uiteindelik volkome tevrede sal wees – ons sal niks kortkom nie (sien Jakobus 1:2-4). Self ons verhouding met God behels progressiewe veranderinge. Ons leer om Hom op ‘n dieper manier te vertrou deur baie ervarings deur te maak wat vereis dat ons langer moet wag as wat ons wil. Glo my, die wag is dalk moeilik, maar dit sal jou sterker maak. Die voordele wat geduld meebring, is beslis die moeite werd!
Gebedsbeginpunt
Vader, ek wil verander en dieper groei in my verhouding met U. Ek verstaan dit beteken dat ek geduld moet ontwikkel, maar ek weet ek sal sterker word namate U geduld in my ontwikkel.