‘’Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.’’ —Psalm 118:24 NLV
God wil hê dat ons vreugde ervaar te midde van ons alledaagse lewe – selfs op die ergste dae. Daar was tye in my lewe waar ek elke dag gevrees het. Al waaraan ek kon dink was my omstandighede – hoe Dave en ek die rekeninge gaan betaal en alles sou kon doen wat gedoen moes word. Somtyds wou ek net die kombers oor my kop trek en in die bed bly. Ek was so bekommerd dat ek die punt gemis het: God het ‘n nuwe dag gemaak en Hy het dit gemaak sodat ek dit kon geniet. Elke dag is gevul met allerhande situasies wat jou kan ontstel – dinge soos om jou motorsleutels te verloor of in ‘n verkeersknoop vasgevang te wees. Maar jy kan kies om vrede te hê en in beheer te wees ten spyte van dit alles. Wanneer ons nie meer net aan onsself en ons omstandighede dink nie, en fokus op God en om ander lief te hê, gryp ons die geleentheid aan wat Hom eer en ons in staat stel om elke dag te sien as ‘n opwindende nuwe geskenk van God.
Gebedsbeginpunt
Here, dankie vir die geskenk van ‘n nuwe dag. In plaas daarvan om te fokus op die frustrasies in die lewe, kies ek om in vrede te wees en my te verbly in U!