Weerstaan die duiwel en wees bly

Weerstaan die duiwel en wees bly

‘’Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” – Filippense 4:4 NLV

Depressie word deels gedefinieer as ‘’leeg, ‘n laagtepunt, ‘n toestand van hartseer,  neerslagtigheid.’’ Een algemene oorsaak van depressie is nie ons omstandighede of waar ons is nie, maar ons houding oor waar ons ons bevind. Dit is waarom die duiwel jou wil laat voel dat jy waardeloos en verwerp is.

Maar as jy nie toelaat dat die duiwel indruk maak met wat hy doen nie, dan kan hy jou nie onderdruk nie; en as hy jou nie kan onderdruk nie, dan kan hy jou nie depressief maak nie.

Ek dink een van die beste maniere om die duiwel te weerstaan en oorwinning oor depressie te behaal, is om toe te laat dat die Heilige Gees jou lei in ‘n toestand van vreugde. Die vyand wil hê  jy moet fokus op ‘n negatiewe uitkyk en jouself bejammer, maar die Heilige Gees wil hê dat jy na die positiewe moet kyk en net ‘n partytjie hou!

Filippense 4:4 sê wees altyd bly. As ons op God fokus, en ons in Hom verbly,  het depressie geen plek in ons nie. Dus as die vyand volgende keer probeer om jou sleg of hartseer te laat voel, moet jy jou in die Here verbly!


Gebedsbeginpunt

Here, U is wonderlik, daarom kan ek my altyd in U verbly. Depressie het geen plek in my nie, want ek is gevul met U!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon