“Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees.” —Romeine 15:13 NLV
Ek het deur ‘n regte moeilike tyd gegaan ‘n hele paar jaar gelede toe daar werklik geen vreugde of vrede in my lewe was nie. Elke keer as ek ‘n fout gemaak het, was ek vinnig om myself te veroordeel en kwaad omdat ek nie die “perfekte Christen” kon wees nie.
Toe op een dag, kom ek af op Romeine 15:13: dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul…Dit was dit. Ek het dit gekry!
Ek het besef dat ek in twyfel en ongeloof ingeval het, en die vyand toegelaat het om my te martel met negatiwiteit, woede en ongeduld. In die proses het ek vergeet dat om in God te glo en te vertrou, bring vrede en hoop en oorwin my swakhede.
God se Woord gee vir my die antwoord. Jesus het my so lief dat Hy nie net al my sondes vergewe het van die verlede nie, maar Hy het ook vooruit gekyk en my vergewe vir al die oomblikke van swakheid waar ek in die toekoms sou faal. Ek het nie die Satan verder toegelaat om in te sluip met vrae of ongeloof nie en jy hoef ook nie.
Weet vandag dat vrede, hoop en vreugde reg voor jou is. Gaan na God se Woord en laat dit jou geloof stig.
Gebedsbeginpunt
Here, elke keer as ek die vyand se leuens glo, herinner my aan die waarheid in U Woord. Deur in U te glo, ontvang ek vrede en vreugde vandag.