God Belowe om te Vergewe

God Belowe om te Vergewe

“Maar die Here, ons God, ontferm Hom oor ons en vergewe ons, selfs al het ons teen Hom in opstand gekom’’ (Daniël 9:9)

In die Ou Testament sien ons baie gevalle waar die Israeliete sou kla, ongehoorsaam wees en afgode en valse gode aanbid. Ek is altyd verbaas oor hoe vinnig God hulle heeltemal vergewe het. Toe hulle hul bekeer het, het Hy al sy weldade aan hulle teruggegee sodra hulle na Hom teruggekeer het.

Baie mense voel dat God vir hulle kwaad is – Hy is nie! God is gereed en gewillig om ons sondes volkome te vergewe. Hy verstaan ons het swakhede en Hy weet ons gaan van tyd tot tyd die doel mis. Goed is ‘n deernisvolle, liefdevolle Vader wat voorsiening gemaak het vir ons vergifnis in Christus. Al wat ons moet doen is om daardie vergifnis te vra en dit dan te ontvang.

Die feit dat ons onvolmaak is en geneig is tot sonde, is hoekom God Jesus gestuur het om die prys vir ons verlossing te betaal. God is nie kwaad vir jou nie. Kies om vandag Sy vergifnis te aanvaar en daarin te wandel.


Vandag se Gedagte

Moenie toelaat dat jou foute of jou sondes jou van God af wegdryf nie. Kies om Sy vergifnis te ontvang en weet dat Hy jou sonde verwyder so ver as wat die ooste van die weste is.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Johannes 1:9; Matteus 6:14

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon