Om ‘n Moeilike Gebed te Bid

Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak. (Lukas 6:28)

Wanneer iemand jou gevoelens seermaak, is die laaste ding wat ons wil doen om vir hulle te bid. Dit is egter God se opdrag aan ons. God se Woord sê dat wanneer mense ons mishandel, ons vir hulle moet bid en hulle seën (sien Lukas 6:28).

Dit is nie ‘n natuurlike reaksie om te bid vir iemand wat ons seergemaak het nie, maar God se wysheid is hoër as ons s’n, so al voel dit nie reg nie, is dit die regte ding om te doen.

Wees bereid om in gehoorsaamheid te bid: Here, ek is nie regtig lus om te bid vir daardie persoon wat my seergemaak het nie, maar in gehoorsaamheid aan U Woord, doen ek dit in elk geval. Ek bid U beste vir hulle lewe.

God beveel ons om vergifnis te beoefen. Wanneer ons kies om die pad van vergifnis te volg, sal ons die vrede en vreugde ervaar wat deur gehoorsaamheid aan God se Woord kom.


Vandag se Gedagte

Wanneer jy God gehoorsaam, of jy nou lus is of nie, kan Hy jou help om die pyn van aanstoot te oorkom en die lewe meer te geniet.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Petrus 3:9; Markus 11:25

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon